Jack Parow

  1. Wie is jy? M.A.W. beskryf jouself.

My naam is Jack Parow en ek is ‘n gevaarlike romantiese Afrikaans rapper.

  1. Hoe het jy in musiek beland en hoekom?

Ek smaak nog altyd van musiek maak, so het dit so half as ‘n hobby gedoen vir lank, sieker so 10 jaar, tot dit net eendag begin aandag vang het en mense begin into dit raak het,nou doen ek dit vir n lewe.  Dis kak lekker.

  1. Wat wil jy vir die wereld se deur jou lirieke?

My lirieke is maar los en graperig, ek wil ma net vir mense iets gee om oor te lag, Suid -Afika het so baie kak vir mense om oor te worry,so as hulle my cd luister kan hulle darem bietjie lag. Ek het ook meer serious songs, ma dit het altyd n meer ligte undertone.

  1. Is jy gemaklik met jou seksualiteit?

Verskriklik

  1. Wat is jou mening oor seks in die algemeen?

Ek geniet dit, ek dink baie mense is baie skaam en preuts as dit kom by seks, ma ja,dis deel van die wereld.

  1. Hoe voel jy oor pornografie?

Pornografie het sy plek,ek verstaan hoekom baie mense teen dit is,ma oh well,baie mense is teen my musiek,ek voel n fok.

  1. Besit jy porn, en waarvan hou jy?

Ja ek doen,ek dink all mans besit porn,al tune hulle dat hulle nie doen nie. Ek het nie eintlik n smaak nie,deesdae met die internet hoef jy nie eintlik n smaak te he nie,as jy in die mood is vir porn kyk is dit net n click away so jy kan ma net gan met die mood wat jy in is

  1. Is alle Afrikaners kommin?

Nie n fok nie,en kommin is anyway nie n slegte ding nie,eks apparently kommin,so ek sal seker nie weet of almal kommin is nie. As ons almal kommin is sal dit befok wees.

  1. Wat sal jy se maak n kommin Afrikaner kommin?

Fok,ek weet nie,deesdae is die hele fokkin land mos kamstag kommin vandat dit die nuwe cool is…ma ja,ek dink dit gan ma oor waar jy vandaan kom en hoe jy groot gemaak is…plekke soos parow,benoni,witbank,bellville ens ens is kamstag baie kommin,ma ja,die lekkerste mense kom van daar af,so ek is veel eerder kommin as cool.

  1. Wat kan ons verwag van jou af in die nabye toekoms? (Musiek, 

optredes ens.)

Ek het vroeer hierdie jaar ‘n gevaarlike Live DVD uitgegee, Welcome to Parowdise.  Dis crazy so kykuit vir hom!  My Eksie Ou Special Edition EP is nou op iTunes in Suid-Afrika. Die EP include die hits Merry Xmas, The Future en P.A.R.T.Y.  Vir al die sensitiewe ore daarbuite gan ons vroeg November clean versions van al my hits laai op iTunes.  Ons gan die albums SuperSeepSkoon noem.  Volgende jaar in Maart release ek ‘n next-level dubbel album, Nag van die Lang Pette (dis 1 deel acoustic en 1 deel electric).  O ja, ek het ook ‘n online comic book reeks, Hierkomnoukak… check hier.  

Leave a Reply

Close Menu
×
×

Cart